Klein buit na transitoroof buite Malalane

Posted on 08/14/2023
01:02 |

Die Valke in Mpumalanga vra inligting oor verdagtes wat Vrydagoggend ‘n Fidelity gepantserde voertuig naby Malalane aangeval het.

Vier vermeende transitorowers is dieselfde dag by ‘n huis in Schoemansdal aangekeer.

Volgens kapt. Dineo Sekgotodi, die woordvoerder van die Valke, was die kontantwa op pad na Tonga.

‘n C-klas Mercedes is gebruik om dit te stamp en hy het omgeslaan.

Die aanvallers het die wa oopgeblaas, en kon sowat R8 000 in muntstukke buit.

Die twee wegkom-voertuie is ook teruggevind waar die verdagtes geskuil het.

Die vier verskyn vandag in die hof in Malalane.