VIDEO: Netbal Wêreldbeker op toer in Mbombela

Posted on 06/05/2023
06:26 |

Die Netbal Wêreldbeker is op toer in Suid-Afrika voor die toernooi vanaf 28 Julie in Kaapstad vir die eerste keer in Afrika aangebied word.
Die beker het gister in Mbombela aangekom, en toer vandag deur die dorp sowel as Nkomazi.
Die LUR vir kultuur, sport en ontspanning in Mpumalanga, Thandi Shongwe, sê dit is die eerste keer dat enige wêreldbeker in die provinsie te sien is.
Die president van Netbal Suid-Afrika, Cecilia Molokwane, het vanoggend saam met Shongwe in die 100.5FM ateljee besoek afgelê.
Sy sê dit is ‘n historiese gebeurtenis vir Mpumalanga toer.
Die beker sal volgens beplanning vanmiddag tussen 15:00 en 17:00 by Mbombela-stadion wees vir die algemene publiek om te besigtig.