Wen met 100.5FM en Nkomazi 400

Posted on 03/17/2023
00:29 |

Na ‘n afwesigheid van ses jaar is die Nkomazi 400 terug op die Rally-Raid kampioenskap kalender volgende Vrydag en Saterdag in Malelane.

Een gelukkige luisteraar kan die geleentheid wen om eerskomende Woensdag saam met ‘n plaaslike tydren-ryer op die oefenbaan te ry in ‘n Toyota Hilux soos waarmee Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel die Dakar-tydren vanjaar gewen het.

Illustreer jou vernuf beter as Andri, Alichia en Denise om hierdie eens-in-‘n-leeftyd-ervaring te wen. WhatsApp jou inskrywing na 061-496-4323 teen Maandag.