Opdatering: Drie wat glo ietermagog probeer verkoop bly in aanhouding

October 21, 2026
Mireille

Drie beskuldigdes het vanoggend in die Witrivier-landdroshof verskyn na hulle na bewering ‘n ietermagog vir R500 000 probeer verkoop het by ‘n skrootmetaalonderneming in Rocky Drift. 

Hulle is gister tydens ‘n lokoperasie deur die Valke in hegtenis geneem.

Mlebo Nkosi, Hilton Dlamini en Richard Mokwena bly in aanhouding tot Vrydag wanneer hulle vir borgtog aansoek kan doen.

Aanklagte teen twee ander verdagtes is nie op die hofrol geplaas nie.

Valke stuit handel in ietermagog van R500 000 in Witrivier, 21 Oktboer 08:36

Die Valke het vyf verdagtes in Witrivier in hegtenis geneem toe hulle na bewering ‘n ietermagog vir R500 000 probeer verkoop het.

Die verdagtes, tussen 34 en 58 jaar oud, is gister tydens ‘n lokoperasie by ‘n skrootmetaalonderneming in Rocky Drift in hegtenis geneem.

Twee voertuie is gekonfiskeer, terwyl die ietermagog aan die Mpumalanga-toerisme- en Parke-agentskap oorhandig is vir veeartsenykundige sorg.

Die verdagtes sal na verwagting vandag in die Witrivier-landdroshof verskyn.