Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, het die naweek, op die vooraand van SANParke se jaarlikse nasionale Parkeweek, die H4-1 tussen Skukuza en Onder Sabie amptelik heropen.
Die leivore op een van besigste roetes in die Krugerwildtuin moes herbou word na vloed-verwante skade dit vir lank gesluit het.
SANParke sê die konstruksie is bedoel om toekomstige uitermatige weerstoestande te weerstaan.
Parkeweek behels dat Suid-Afrikaanse dagbesoekers hierdie week gratis die wildtuin kan besoek.
Maynier sê beduidende vordering is gemaak met die herstel van vloedbeskadigde infrastruktuur in die Krugerwildtuin.
Hy het ook die nuwe Letaba-hoogwaterbrug in Limpopo geopen. Die Letaba-ruskamp word ook stelselmatig heropen ná die oorstromings in Januarie.
Maynier sê die projekte sal help om die wildtuin beter te beskerm teen uiterste weerstoestande.
Luister:ENG MaynierOnRecoveryGains
Hy voeg by verblyf, wildritte en ander betaalde dienste is nie ingesluit in die gratis toegang vir dagbesoekers nie.
Luister: ENG MaynierOnParksWeek
‘n SANParke-woordvoerder, JP Louw, het Suid-Afrikaners ook aangemoedig om voordeel te trek uit SANParke-week.
Luister: ENG-LouwOnBridge

