Pumas skop Curriebeker af met sege oor Griekwas

Written on July 8, 2024
Mireille

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

The post Pumas skop Curriebeker af met sege oor Griekwas appeared first on Radio Laeveld.

Die Premiers-afdeling van die Curriebeker het die naweek afgeskop, met die Airlink Pumas wat die Griekwas Vrydag 44-24 in Kimberley geklop het.

Die Leeus het met 26-25 oor die Haaie geseëvier in Durban.

Die Cheetahs kon 82 punte aanteken teen die Griffons in Bloemfontein wat 20 op die bord kon sit.

In die tradisionele stryd tussen Westelike Provinsie en die Bulle het die besoekers aan die Kaap gister met 30-25 gewen.

Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse het na afloop van die wedstryd gesê hulle is bly om die Griekwas weer te kon klop na die Pumas tydens die SA Beker twee keer die knie teen die poubloues moes buig.

Luister:

Die Pumas se eerste tuiswedstryd is hierdie Vrydag by Mbombela teen die Leeus.

Die kompetisie duur tot 21 September.

Sien ook: Innibos 2024: Wenresep sorg vir groot sukses

The post Pumas skop Curriebeker af met sege oor Griekwas appeared first on Radio Laeveld.