NHS rugbyspelers eindig 2024 op hoë noot

Written on August 13, 2024
Mireille

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

The post NHS rugbyspelers eindig 2024 op hoë noot appeared first on Radio Laeveld.

Hoërskool Nelspruit (NHS) se rugbyspelers het hul laaste wedstryd van die seisoen Vrydag teen Noordheuwel in Krugersdorp gespeel.

Die eerstespan het veral die seisoen in die Noordvaal-toernooi uitgestaan en kon seges oor sterk spanne soos Garsfontein, Monument en Menlopark behaal.

NHS het met ‘n totaal van 13 spanne deelgeneem en het in elke wedstryd teen sterk kompetisie te staan gekom.

Onder leiding van Hennie Skorbinski en die afrigters het die spelers reeds vanaf die voorseisoen hard gewerk.

Die seuns het hul vaardighede voortdurend verbeter en deurgaans hul alles op die veld gegee.

“Ek is ongelooflik trots op die seuns,” sê Skorbinski. “Hulle het deurgaans ‘nellieguts’ gewys, en hul vaardighede het met elke wedstryd verbeter.

“Ons het nie teruggestaan nie en is uiters trots op wat ons hierdie seisoen bereik het.”

Uitslae: Noordheuwel vs NHS
14A: 24-19
14B: 25-34
14C: 31-5
15A: 29-7
15B: 31-3
15C: 26-0
16A: 35-19
16B: 54-3
16C: 19-19
3des: 12-5
2des: 40-0
1stes: 40-40

Foto: Christo Dippenaar

Luister ook: NHS Rhinos witwarm op die rugbyveld die seisoen

The post NHS rugbyspelers eindig 2024 op hoë noot appeared first on Radio Laeveld.