Skole kan groot wen met MBN Clothing

Written on July 15, 2024
Mireille

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

The post Skole kan groot wen met MBN Clothing appeared first on Radio Laeveld.

Die Fidelity ADT Leeus kon Vrydagaand in Mbombela tien drieë druk teen die Airlink Pumas om hulle met 75-21 pak slae te gee in die tweede ronde van die Curriebeker.
Die Leeus het teen rustyd met 35-7 voorgeloop.
Tapiwa Mafura kon ‘n driekuns behaal en Sam Francis het met sy debuut 30 punte aangeteken vir die span van Johannesburg.
Die Leeus se uitstaande aanvallende spel het hulle hul tweede oorwinning weg van die huis af besorg.

Die puntemakers was:
Pumas – Drieë: Clinton Swart, Ross Braude, Dewald Maritz. Verdoelings: Swart (2), Danrich Visagie.
Leeus – Drieë: Tapiwa Mafura (3), Sam Francis, Rabz Maxwane (2), Nico Steyn, Sibabalo Qoma, Gianni Lombard, Morne van den Berg. Verdoelings: Francis (8). Strafdrieë: Francis (3).

Weens die Mpumalanga Premier se internasionele sokkertoernooi wat die volgende twee Saterdae by Mbombela-stadion tussen TS Galaxy, FC Augsburg, Mbabane Swallows en Young Africans beslis word, moes die pienktruie se wedstryde noodgedwonge skuif.
Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê hulle speel nou die naweek in Durban, en volgende week Sondag tuis teen die Griekwas en dan op 3 Augustus tuis teen die Haaie.

Stonehouse het ook saam met Leone Liebenberg van Must be Nice Clothing vertel van die opwindende prys wat die skool kan wen wat tydens hul volgende tuiswedstryde die meeste ondersteuners by die stadion het: Sportklere van Must Be Nice.

Luister weer hier:

Sien ook: Oud-Nellie op pad na Olimpiese Spele

The post Skole kan groot wen met MBN Clothing appeared first on Radio Laeveld.