Groot Curriebeker-stryd môre by Mbombela

Written on August 15, 2024
Mireille

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

The post Groot Curriebeker-stryd môre by Mbombela appeared first on Radio Laeveld.

Die span bo-aan die Curriebeker-punteleer, die Bulle, reis môre na die Laeveld om die Airlink Pumas die stryd aan te sê.

Die Bulle is onoorwonne in die kompetisie en het laas in 2021 by Mbombela-stadion verloor.

Die Pumas se spanbestuurder, Sam Sikiwe, sê hulle verwag dat die Bulle ‘n punt teen hulle sal wil bewys.

“Ek dink hierdie is een van ons grootste wedstryde. Ek dink nie die spelers het enige motivering nodig nie.

“Jy moet opdaag op die dag, anders gaan jy slae kry, en ek dink die ouens besef hulle gaan hulle alles moet insit op die dag.”

Luister weer:

Die Pumas lê tans vierde op die punteleer, na twee nederlae teen die Leeus, en is in ‘n tweestryd gewikkel met die Haaie om ‘n plek in die Curriebeker-halfeindrondes.

Die afskop Vrydag by Mbombela-stadion is om 17:15.

Sien ook: Kiaat-apteek nou 24-7 daar vir jou

The post Groot Curriebeker-stryd môre by Mbombela appeared first on Radio Laeveld.