Pumas hou oog op SA Beker-eindstryd

Written on April 8, 2025
Mireille

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Die Airlink Pumas het die Border Bulldogs die naweek met 110-7 afgeransel in die SA Beker.

Tino Swanepoel het vier van die span se 16 drieë gedruk.

Spanbestuurder, Sam Sikiwe, skerts hulle het gemik vir 130 punte op die telbord.

Die Pumas bly tweede op die punteleer na die Griekwas.

Hulle speel Saterdag teen die Luiperds in Potchefstroom.

Luister weer: