Dink of Sink-debatskompetisie kring uit na Mpu

Written on August 14, 2024
Mireille

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

The post Dink of Sink-debatskompetisie kring uit na Mpu appeared first on Radio Laeveld.

AfriForum se Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie vir hoërskoolleerders het vanjaar tot in Mpumalanga uitgebrei.

Die eerste kompetisie is op 7 Augustus by Hoërskool Nelspruit (NHS) aangebied.

Dié kompetisie vorm deel van die Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie se streeksuitdunne.

Die doel van die debatskompetisie, wat sedert 2016 deur AfriForum aangebied word, is om debat in Afrikaans op hoërskool- en universiteitsvlak te bevorder.

Dit leer die deelnemers ook ’n kernvaardigheid wat hulle in die toekoms in die werksplek sal baat.

Altesaam 30 leerders van NHS en Hoërskool Bergvlam het aan die eerste kompetisie deelgeneem.

Elk van die verskeie spanne het drie debatte gevoer oor verskeie aktuele kwessies in die omgewing en die land.

Ná ’n lang dag van debat het NHS se spanne kop en skouers uitgestaan.

In die senior kategorie het Rosemarie Oberholzer, Brenton Eastes en Nina Prinsloo geseëvier en is Kristen Lean, Cobus Buitendach en De la Rey Rafley is as naaswenners gekroon.

Alissa van Niekerk, Marné Pretorius en Ude van Veenhuysen is as die wenners van die junior kategorie aangekondig en Ian MacDonald, Emile van Zyl en Shayna Lea is as die naaswenners gekroon.

Beide wenspanne dring deur na die nasionale finaal wat op 5 Oktober in Pretoria plaasvind.

Sien ook: Leeu teen hiëna teen krokodil

The post Dink of Sink-debatskompetisie kring uit na Mpu appeared first on Radio Laeveld.