EFT na en van Eswatini, Lesotho, Namibië volgende week opgeskort

Written on September 2, 2024
Mireille

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

The post EFT na en van Eswatini, Lesotho, Namibië volgende week opgeskort appeared first on Radio Laeveld.

Suid-Afrika stel volgende week aansienlike veranderings in met die elektroniese oordrag van fondse (EFT).

Van 9 September af sal elektroniese betalings tussen Suid-Afrika, Namibië, Lesotho en Eswatini opgeskort word.

Die verskuiwing is ter wille van voldoening aan internasionale teen-geldwassery-standaarde en beteken oorgrens-betalings sal nou die streeksbetalingstelsel en SWIFT gebruik.

Suid-Afrikaanse banke sal nie meer elektroniese betalings verwerk na en van die lande binne die gemeenskaplike monetêre gebied nie – ‘n stap wat talle besighede en individue sal raak.

Sien ook: Ondersoek na toeris hom doodval by Bourke’s Luck

The post EFT na en van Eswatini, Lesotho, Namibië volgende week opgeskort appeared first on Radio Laeveld.