Die Grensbestuursowerheid het algemene vragverwerking en beweging van passasiers by die Lebombo-grenspos tydelik gestaak weens hernude betogings aan die Mosambiek-kant.
Die grens is sedert Oktober kort-kort gesluit omdat betogings ná die buurland se verkiesing uitgebreek het.
Die owerheid se waarnemende kommissaris, Jane Thupana, sê onderhandelinge is met verskeie vakbonde en rolspelers aan die gang om gebeurlikheidsplanne voor te stel.
Luister: ENG JaneonLebomboPort
Intussen verwag TRAC vanaf Vrydag ‘n aansienlike toename in verkeersvolumes op die N4-deurgangsroete tussen Gauteng, Mpumalanga en Mosambiek.
Die maatskappy waarsku ook oor lang vertragings by die Lebombo-grenspos – weens hoë verkeersvolumes asook politieke onlus in Mosambiek wat sporadies veroorsaak dat die grenspos gesluit word vir verkeer.
Vakansiegangers word aangeraai om ag te slaan op enige waarskuwings oor die situasie om hul veiligheid te verseker.
“Ons doen ‘n beroep op padgebruikers wat oor die grens reis om op hoogte te bly van die sporadiese politieke onrus wat tans in Mosambiek ervaar word, aangesien dit hul reise kan beïnvloed,” sê kommunikasiebestuurder, Solange Soares.
Volgens TRAC verwag hulle die besigste dae op 13, 14, 20, 23 en 24 Desember sowel as 3 en 12 Januarie.
Sien ook: 153 mense uit verlate mynskag in Sabie gered