Geen plan vir motorradiolisensiefooi

Written on May 9, 2025
Mireille

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.radio-studio-on-air

Die SABC sê daar is geen moontlikheid dat hy ‘n motorradiolisensiefooi sal instel nie.

Dit volg na ‘n vervalste mediaverklaring op sosiale media versprei is.

Die SABC sê hy het geen verklaring uitgereik of enige openbare uitspraak oor ‘n motorradiolisensiefooi gemaak nie.

Hy sê verder die huidige TV-lisensie sal onveranderd bly.