Die polisie sê die operasie om beweerde onwettige mynwerkers uit ‘n verlate myn in Sabie na die oppervlak te bring is afgehandel.
Die woordvoerder van die polisie, kol. Donald Mdhluli, sê altesaam 153 van die beweerde onwettige myners is na die oppervlak gebring.
Drie liggame is ook op die eerste dag van die operasie herwin.
Luister: ENG DonaldonRetrieving
Van hulle is 95 burgers van Lesotho, 32 van Mosambiek, 16 van Zimbabwe en 10 is Suid-Afrikaners.
Al die buitelanders het nie geldige dokumente om in die land te wees nie en word aangekla vir oortreding van die Immigrasiewet.
Agt burgers van Lesotho* word ook aangekla van ontvoering en onwettige mynbou.
Hulle verskyn vandag in die landdroshof in Sabie.
*Die artikel het aanvanklik verkeerdelik aangedui dat Suid-Afrikaners aangekeer is weens ontvoering.
Die reddingsoperasie by die verlate Suid Myn in Sabie gaan vandag voort.
Meer as 100 onwettige mynwerkers is Dinsdag ontdek waar hulle in die myn vasgekeer is.
Drie-en-dertig mense is gister na die oppervlak gebring, wat die totaal wat gered is op 41 te staan bring.
Drie lyke is ook herwin.
Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, sê hulle sal vanoggend vroeër begin as gister in ‘n poging om meer mense na die oppervlak te bring.
Ongeveer 150 onwettige mynwerkers is steeds vasgekeer in ‘n verlate mynskag in Sabie.
Volgens die polisie is drie mense dood en agt is veilig na die oppervlak gebring.
Die situasie het Dinsdag aan die lig gekom toe vier vermeende mynwerkers wat van die toneel gevlug het veiligheidspersoneel in kennis gestel het.
Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, sê die mynwerkers word glo gedwing om in gevaarlike toestande te werk.
Hy het kommer uitgespreek aangesien diegene wat verantwoordelik is vir die bedrywighede moontlik gewapen is:
Luister: ENG MdhluliOnSabieMiners
Die nasionale polisiekommissaris, gen. Fannie Masemola, gaan vandag voortgesette Vala Umgodi-bedrywighede in Stilfontein en die verlate myn in Sabie monitor.
In Stilfontein is sewe liggame na die oppervlak gebring en meer as 1 300 onwettige mynwerkers het na die oppervlak gekom – met honderde wat steeds ondergronds is.
Die polisiewoordvoerder, kol. Athlenda Mathe, sê die operasie in Sabie hervat vandag:
Luister: ENG AthlendaonOngoingVala
Sien ook: Onwettige mynwerkers ondergronds vasgekeer in Sabie
KYK