Pumas moet WP wen om Curriebeker lewend te hou

Written on August 30, 2024
Mireille

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

The post Pumas moet WP wen om Curriebeker lewend te hou appeared first on Radio Laeveld.

Die Airlink Pumas moet die naweek Westelike Provinsie verslaan om hul hoop op ‘n halfeindstryd in die Curriebeker lewend te hou.

Soos sake staan, is die Bulle voor op die punteleer met 36 punte, danksy sewe oorwinnings en ‘n gelykopuitslag uit hul agt wedstryde.

Dit is drie meer as hul Gautengse bure, die Leeus, wat in die tweede posisie is met 33.

Met nog slegs twee ligawedstryde oor, kom dit neer op ‘n wedloop tussen die Haaie wat 26 punte het en die Cheetahs en Pumas, albei met 24, vir die ander twee plekke in die halfeindrondes.

Die Pumas en WP se wedstryd vind Sondag by die Danie Craven-stadion in Stellenbosch plaas. Die afskop is om 15:00.

Foto: Die Pumas in aksie teen die Griffons tydens hul 45-26 oorwinning Sondag. Krediet: Kaptured Concepts

Sien ook: MSM: In diens van makadamiaboere

The post Pumas moet WP wen om Curriebeker lewend te hou appeared first on Radio Laeveld.