H4-1 heropen betyds vir Parkeweek

September 7, 2026
Mireille

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, het die naweek, op die vooraand van SANParke se jaarlikse nasionale Parkeweek, die H4-1 tussen Skukuza en Onder Sabie amptelik heropen. 

Die leivore op een van besigste roetes in die Krugerwildtuin moes herbou word na vloed-verwante skade dit vir lank gesluit het. 

SANParke sê die konstruksie is bedoel om toekomstige uitermatige weerstoestande te weerstaan. 

Parkeweek behels dat Suid-Afrikaanse dagbesoekers hierdie week gratis die wildtuin kan besoek.

Maynier sê beduidende vordering is gemaak met die herstel van vloedbeskadigde infrastruktuur in die Krugerwildtuin.

Hy het ook die nuwe Letaba-hoogwaterbrug in Limpopo geopen. Die Letaba-ruskamp word ook stelselmatig heropen ná die oorstromings in Januarie.

Maynier sê die projekte sal help om die wildtuin beter te beskerm teen uiterste weerstoestande.

Luister:ENG MaynierOnRecoveryGains

Hy voeg by verblyf, wildritte en ander betaalde dienste is nie ingesluit in die gratis toegang vir dagbesoekers nie.

Luister: ENG MaynierOnParksWeek

‘n SANParke-woordvoerder, JP Louw, het Suid-Afrikaners ook aangemoedig om voordeel te trek uit SANParke-week.

Luister: ENG-LouwOnBridge