Vier mense ongedeerd na hulle in NKW vermis raak

April 7, 2026
Mireille

Die polisie het vanoggend die vier mense wat gister met ‘n helikopter in die Krugerwildtuin vermis geraak het, ongedeerd opgespoor.

‘n Omgewingsondersoeker, twee polisiebeamptes en die vlieënier het gisteroggend vertrek om ‘n karkas te ondersoek en teen die aand nog nie teruggekeer nie.

‘n Soektog is van stapel gestuur. ‘n Helikopter met nagsig en hommeltuie is ontplooi.

Die helikopter het sy soektog gestaak weens gure weerstoestande, maar die hommeltuie het deurnag na die vier gesoek.

Die soektog is vanoggend hervat.

Volgens die polisie het hulle gister veilig geland in ‘n afgeleë area van die wildtuin en kon hulle weens ruie bosse nie weer hul helikopter vind nie.

Hulle kon ook nie via kommunikasiekanale bereik word nie weens swak sein.

Hulle het toe die aand in die bosse oornag.

Hulle is vanoggend deur reddingspanne uit ‘n SANParke helikopter gewaar en is ongedeerd.

KYK: