Sestien verdagtes is Maandag en Dinsdag in hegtenis geneem tydens ‘n operasie wat onwettige mynbou in Pelgrimsrus geteiken het.
Volgens die Mpumalanga polisie is onwettige mynboutoerusting ook gevind tydens die ontwrigtende operasies by Majacks informele nedersetting.
Die verdagtes staan tereg op aanklagte van oortreding van die Immigrasiewet, besit van onwettige sigarette asook besit van gouddraende materiaal en toerusting.
Hulle sal binnekort voor die Pelgrimsrus Periodieke Hof verskyn.
Agt ongedokumenteerde buitelandse burgers is ook Sondag in hegtenis geneem weens die oortreding van die Immigrasiewet tydens ‘n Vala Umgodi-operasie wat onwettige mynbouaktiwiteite in Pelgrimsrus geteiken het.
Volgens die polisie is die arrestasies op verskeie plekke gemaak, insluitend Skoomplas, New Town en die sakekern.
Daar is op verskeie items wat vermoedelik met onwettige mynbouaktiwiteite verband hou, beslag gelê.