Die Krugerwildtuin vra besoekers om hul besoeke uit te stel na volgehoue swaar reën SANParke genoop het om boskampe, sekere toegangshekke en alle grondpaaie te sluit.
Rey Thakhuli, die hoofbestuurder van kommunikasie en bemarking, sê toegang tot Skukuza is van Onder Sabie en Krokodilbrug afgesny.
Die Krokodilbrughek word gemonitor en sal slegs gesluit word as die Krokodilrivierbrug oorstroom word.
Die Pafuri-hek bly gesluit weens oorstromings en onveilige toestande.
Die Punda Maria-hek is ook gesluit, wat beteken dat die enigste toegang tot die noordelike deel van die park via die Phalaborwa-hek is.
Alle paaie wat van Laer Sabie na Skukuza en Satara lei, is gesluit.
Die Mopani-restaurant is as ‘n voorsorgmaatreël gesluit.
Luister: