Opdatering: Soektog na vermiste seun gestaak

January 10, 2026
Mireille

Die familie van die vermiste Rikus Kylander (18) van Krugersdorp het aangekondig dat die soektog na hom afgelas is.

Hy het op 18 Desember in Mosambiek vermis geraak terwyl hy saam met vriende by Ponta do Ouro gesnorkel het.

Sedertien is daar onderverpoods uit die lug, op die grond en in die water na hom gesoek.

Rikus se suster, Clarise, het gister in ‘n verklaring op Facebook geskryf die formele soektog het nou tot ‘n einde gekom.

“Alles wat gedoen kon word, is gedoen,” skryf sy.

“Die plaaslike gemeenskap en vrywilligers in Mosambiek sal op die uitkyk bly. Die nasionale park in KwaZulu-Natal is ook daartoe verbind om op die uitkyk te bly.

“Ons is diep dankbaar teenoor elke persoon wat saam met ons gestap het in hierdie ondenkbare tyd.

“Dankie dat julle ons in jul harte en gebede gehou het.”

Dag 20: Soektog na vermiste tiener duur voort by Ponta, 6 Januarie

Die soektog duur voort na Rikus Kylander, ‘n 18-jarige matrikulant van Krugersdorp, wat op 18 Desember in Mosambiek vermis geraak het terwyl hy saam met vriende by Ponta do Ouro gesnorkel het.

Rikus Kylander (18)

Volgens Dawn Gounden van Renegades Search & Rescue het spanne lug-soektogte uitgevoer van Black Rock tot by die Suid-Afrikaanse grens en van Ponta tot Santa Maria.

Soektogte deur duikers in die see duur voort.

Lede van die Turtle Patrol help ook daagliks en dra by tot verhoogde sigbaarheid en bewustheid langs die Kosibaai-kuslyn.

Gounden het vakansiegangers en lede van die publiek bedank vir hul ondersteuning in die voortdurende poging om vir die familie afsluiting te bring.

Sien meer: Soektog duur voort na tiener vermis in Mosambiekse water