Die 38-jarige man wat gearresteer is weens die skietdood van ‘n Kanadese toeris in die Krugerwildtuin verlede week is borgtog van R5,000 toegestaan.
Goodman Nkosi is ‘n direkteur van die toerismemaatskappy.
Hy het Vrydag in die Masoyi-landdroshof verskyn op aanklagte van strafbare manslag en die nalatige hantering van ‘n vuurwapen.
Volgens die Mpumalanga polisie is die 69-jarige Yat Wing Albert Lam Woensdagaand tydens ‘n bosbraai by ‘n konsessie- braai- en piekniekplek naby Phabeni-hek per ongeluk met sy .375-jaggeweer doodgeskiet.
Die saak is uitgestel tot 1 September vir verdere ondersoek.
Kanadese toeris noodlottig gewond by bosbraai in Krugerwildtuin, 18 Junie 10:46
‘n 69-jarige Kanadese toeris is gisteraand noodlottig gewond in die Krugerwildtuin.
Volgens SANParke blyk dit dat ‘n private gids per abuis ‘n vuurwapen afgevuur het en die gas gewond het.
Hy was deel van ‘n groep wat buite die wildtuin tuisgegaan het, maar die park besoek het vir ‘n bosbraai wat deur ‘n privaat konsessie-operateur aangebied is by ‘n piekniek-area in die omgewing van Phabeni-hek.
Die gids is verbonde aan die operateur.
SANParke het sy medelye met die naasbestaandes van die toeris betuig.
SANParke se woordvoerder, JP Louw:
‘n Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê die verdagte is in hegtenis geneem op aanklagte van strafbare mansslag en die roekelose hantering van ‘n vuurwapen.
Die toeris het die gids glo gevra of dit ‘n regte wapen is en toe hy dit demonstreer het dit afgegaan en die man in die bolyf getref.
Luister:
Die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) het ook sy medelye betuig na die tragiese voorval.
Die organisasie sê dat, hoewel dit by ‘n private toerisme-fasiliteit plaasgevind het, die sakekamer sy slagoffer ondersteuningsprogram geaktiveer het om almal wat daardeur geraak is, te ondersteun.

