Die FNB-gebou oorkant Absa Square in die Nelspruit-sakekern is vanoggend ontruim na die verspreidingsbord aan die brand geslaan het.
Volgens ‘n bron met insae het dit moontlik weens die erge hitte vandag aan die brand geslaan.
Dit het homself egter uitgewoed in die klein kamertjie waarin die bord geleë was voor dit na ander dele van die bank kon versprei.
Almal is ontruim en ongedeerd, buiten drie vroue wat ‘n bietjie rook ingeasem het.
Sien ook: Oproepe vir resolusie van konflik in Mosambiek