Man smokkel glo miljoene se tekkies

Written on December 10, 2024
Mireille

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

‘n Man wat met nagenoeg R3,5 miljoen se vervalste handelsnaam-tekkies vasgetrek is, bly in aanhouding na sy verskyning in die hof in Komatipoort gister.

Willy Mxolise Mhlongo, 34 jaar oud, word van bedrog en oortreding van die Wet op Doeane en Aksyns aangekla.

Hy is 02:00 gisteroggend deur die Valke by die Jeppe’s Reef-tolhek gearresteer na hulle op ‘n wenk gereageer het.

Hy was glo vanaf Naas in Nkomazi na Gauteng op pad.

Die saak is uitgestel tot 17 Desember.

Intussen het die Grensbestuursowerheid die naweek suksesse behaal by die Beitbrug- en Lebombo-grensposte.

Die woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê wakker grenswagte by Lebombo het Vrydag ‘n minibustaxi voorgekeer wat probeer het om 14 ongedokumenteerde kinders tussen die ouderdomme van 14 en 16 uit Mosambiek na Suid-Afrika te smokkel.

Luister:ENG MmemmeonChildSmuggling

Sien ook: Bedrywighede by Lebombo weer opgeskort