Die 2024 TRACN4-tydren in Dullstroom het die naweek sy naam gestand gedoen as een van Suid-Afrika se mees opwindende motorsportbyeenkomste.
Vrydag en Saterdag het gesorg vir perfekte weer, uitdagende skofte en adrenalien-belaaide vertonings om die nasionale tydrenkampioenskapseisoen tot ‘n skouspelagtige einde te bring.
Vanjaar het 22 spanne oor die twee uitmergelende dae meegeding en uitsonderlike prestasies gelewer in beide die nasionale en noordelike streek se kampioenskappe.
Chris Coertse vir Rally Technic se Mazda 2 die bestuurderskampioenskapstitel verower met ‘n totaal van 303 punte deur die seisoen.
Die navigator Isabel Raaths het die navigatorkampioenskap gewen met haar bestendigheid en vaardigheid wat aan haar 216 besorg het.
Anton Raaths het met 216 punte in hul Toyota RunX geëindig, terwyl Benjamin Habig die derde plek beklink het.
Carolyn Swan het die tweede plek behaal, gevolg deur Rikus Fourie in die derde plek.
Coertse sê die Rally Technic-span het honderde ure in hierdie seisoen ingesit.
“Ons het alles in elke wedren gegee, en dit voel ongelooflik om weer met die titel weg te stap.
“Hierdie oorwinning sou nie moontlik gewees het sonder die onwrikbare ondersteuning van ons borge, gesinne en ondersteuners nie.”
’n Emosionele Isabel Raaths sê die seisoen het alles geëis wat sy gehad het.
“Dit is ‘n ongelooflike gevoel om my uiteindelike doelwit te bereik om as nasionale navigatorkampioen gekroon te word. Dankie aan almal wat by ons gestaan het deur hierdie reis!”