Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
Die Airlink Pumas het hul openingswedstryd van die Curriebeker Vrydagaand teen die Griekwas met 49-28 en ‘n bonuspunt by Mbombela-stadion gewen.
Die hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê dit was ‘n taaier wedstryd as wat die telbord weerspieël.
Die span reis die Vrydag na Bloemfontein vir ‘n herhaling van die 2023 Curriebeker-eindstryd teen die Cheetahs.
Die Vrystaatse span het hul openingswedstryd die naweek met 35–37 teen die Boland Kavaliers verloor.
Stonehouse en die spanbestuurder, Sam Sikiwe, kuier by Sonop Ontbyt.
Luister weer: