Die Springbokke het vanoggend ‘n oefensessie by Mbombela-stadion gehad voor hul Rugbykampioenskap toets teen Argentinië Saterdag.
Die media kon ‘n bietjie afloer.
Siya Kolisi weer voer die span aan.
Eben Etzebeth sal met dié wedstryd die mees bekroonde Springbok van alle tye word en sy 128ste Boktoets speel.
Manie Libbok en Jaden Hendrikse is vir die eerste keer saam as skakelpaar.
Die senterpaar met die meeste wedstryde in die Springbok-geskiedenis in Damian de Allende en Jesse Kriel is herenig, met ‘n agterste drie van Aphelele Fassi (heelagter) en vleuels Kurt-Lee Arendse en Cheslin Kolbe.
Springbok-afrigter Rassie Erasmus het dieselfde beginvoorry aangewys wat Nieu-Seeland met 18-12 in Kaapstad verslaan het en dieselfde vyf voorspelerplaasvervangers, terwyl hy teruggekeer het na ‘n vyf-drie-verdeling op die bank ten gunste van die voorspelers.
Foto’s: Kaptured Concepts
Sien die volledige span hier: Rassie het plan met Libbok teen Argentyne – Radio Laeveld