Bafana Bafana op pad na 2026 FIFA-wêreldbeker

October 15, 2025
Mireille

Suid-Afrika het in 2002 laas vir die sokker-wêreldbeker gekwalifiseer.

Suid-Afrika kwalifiseer vir die 2026 FIFA-wêreldbeker in Amerika, Mexiko en Kanada ná ʼn oortuigende oorwinning van 3-0 teen Rwanda by die Mbombela-stadion.

Doele deur Thalente Mbatha, die speler van die wedstryd Oswin Appollis, en Evidence Makgopa het aan Bafana Bafana die eerste plek in Groep C en ʼn outomatiese kwalifisering vir die gesogte geleentheid besorg.

Dit is die eerste keer sedert 2002 dat Suid-Afrika vir die Wêreldbeker kwalifiseer.

Die afrigter, Hugo Broos, sê dis ʼn wonderlike gevoel.

Luister:

Die FIFA-president, Gianni Infantino, het die span gelukgewens met sy kwalifisering vir die 2026 FIFA-Wêreldbeker.

Suid-Afrika is die negende Afrika-land wat vir die uitgebreide 48-span-toernooi kwalifiseer, en sluit aan by Marokko, Tunisië, Egipte, Algerië, Ghana, Kaap Verde, Ivoorkus en Senegal.

Infantino sê dit is ‘n groot prestasie vir Bafana Bafana om hul eerste kwalifisering vir dié wêreld-pronkstuk sedert 2002 te verseker.

Luister: