Swaar verkeer vandag en more op N4 verwag

Written on April 17, 2025
Mireille

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Verkeersvolumes sal na verwagting van vandag af aansienlik toeneem langs die N4-tolroete tussen Gauteng, Mpumalanga en Maputo.

Paasnaweek is een van die besigste reistydperke van die jaar op die N4 en TRAC sê hy het verbeterde maatreëls om die toestroming tussen Suid-Afrika en Mosambiek te bestuur.

Spits reistye is na verwagting vandag tussen 12:00 en 21:00 , môre vanaf 06:00 tot 15:00 en weer Maandag vanaf 09:00 tot 21:00.

TRAC bied 24-uur bystand aan motoriste en verhoogde grenspos koördinasie tot Dinsdag.

Die Grensbestuursowerheid verwag ook hoë verkeersvolumes hierdie Paasnaweek.

Die kommissaris, Michael Masiapato, sê amptenare koördineer ontplooiings en monitor verkeerbeweging.

Gevorderde tegnologie, insluitend KI-gedrewe hommeltuie met termiese beeldvorming en liggaamskameras, is ontplooi om toesig en deursigtigheid te verbeter.

Hy doen ’n beroep op padgebruikers om verkeersreëls na te kom en geduldig te wees gedurende hierdie besige tyd.

Luister:  

Die Departement van Gesondheid waarsku Paasnaweekreisigers om waaksaam te wees met gevalle van malaria wat toeneem in Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal.

Die departementele woordvoerder, Foster Mohale, het ook gewaarsku teen moontlike oor-grensverspreiding.

Mohale het reisigers aangeraai om malaria-medisyne te gebruik, afweermiddels aan te wend, en onder muskietnette te slaap. 

Luister: