Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
Die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap sê hulle het een van die leeus gevang wat Sondag uit die Krugerwildtuin ontsnap het en word by een van hul fasiliteite gehou vir “behoorlike bestuur”.
’n Soektog is aan die gang na die ander drie leeus in die Bosbokrand-omgewing.
Simphiwe Shungube, die woordvoerder van die MTPA, sê ‘n span werk onverpoosd om na die leeus te soek met hommeltuie, honde en spoorsny.
Hy het die gemeenskap aangeraai om die MTPA in kennis te stel as hulle die diere gewaar.
*Foto ter illustrasie