Die DA het dit verwelkom dat die Mpumalanga Wetgewer hul mosie vir dringende en beslissende optrede aanvaar het om die vinnig dalende bevolking van die ikoniese wilde perde van Kaapsehoop te beskerm.
Kommerwekkende bedreigings staar die kultureel en ekologies belangrike troppe in die gesig.
‘n Onlangse sensus het getoon daar is tans slegs 47 wildeperde oor.
Luister meer: Help om Kaapsehoop se wildeperde te red
Die DA-lid van die wetgewer, Tersia Marshall, sê die wetgewer se besluit om die mosie te aanvaar bepaal dat die provinsiale Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling, Grond en Omgewingsake (Dardlea) siektebeheermaatreëls moet implementeer, met ander belanghebbendes moet saamwerk om spoedbeperkings af te dwing, en ‘n strategie moet publiseer vir brandvoorkoming en ramprisikovermindering.