Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
Twee mense is dood en een ernstig gewond tydens ‘n skietery by ‘n taverne vroeg Sondagoggend in Barberton.
Die twee slagoffers is met hul aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Donald Mdhluli, sê hulle ondersoek twee moordsake en ‘n saak van poging tot moord.
Niemand is nog aangekeer nie en die motief vir die aanval is tans onbekend.
Luister: